Sudami X-Ring Langafstand Skietkompetisie
Goeie dag aan almal,
Dit is al weer tyd vir ons langafstandskiet en hierdie jaar is daar ‘n paar veranderinge om van kennis te neem:
- Die kompetisie vind plaas op 31 Augustus.
- Inskrywings sluit op 20 Augustus.
- Daar is nou vier skuts per span.
- Daar is plek vir 50 spanne.
- Ons skiet 5 skote per skut per afstand, 300m, 400m, 500m en 600m.
- Die prysgeld beloop meer as R37 000.
- Stuur asb alle inskrywings en bewys van betalings aan skietforum@gmail.com
Lees asb die reëls van die kompetisie soos uiteengesit in die meegaande dokument, dit is belangrik.
Hierdie kompetisie word aangebied deur die Genl. Piet Joubert Belangegroep met Sudami X-Ring Reloading Equipment, Lynx Optics en Impala Bullets as borge.
Datum: 31 Augustus 2019
Plek: Genl Piet Joubertskietbaan, Noord van Pretoria, prysuitdeling by die Bisley klubhuis op die baan.
Opening: 7h30 by die skietgat of skietwal van die 800m Bisley skietbaan.
Deelnemers: Maksimum 50 spanne van 4 deelnemers elk. Al die deelnemers moet skiet. Gewere mag nie gedeel word nie.
Inskrywing: Inskrywingsfooi is R1500 per span, R100 vir nie-deelnemers, sluit braai van Belgiese pepersous T-bene na die tyd in.